Details
Verantwoordelikhede sluit onder andere die volgende in:
• die voorbereiding, beplanning en aanbieding van kurrikulum-belynde onderrig en opleidingsessies;
• praktiese opleiding in meganiese en basiese boerdery onderhoud en bouvaardighede
• die assessering van studente en algemene studente-administrasie;
• die gehalte van lesplanne;
• die ontwikkeling en voortbouing van vak en- assesseringsleêrs
• die hersiening en verbetering van vakke as vakkundige;
• werksplek skakeling om die plasing van studente in die bedryf te fasiliteer;
• die toekomstige beplanning, implementering en ontwikkeling van ‘n proefplaas;
Vakke wat aangebied word en waarin die posbekleër bevoeg moet wees sluit in:
• Rekenaarvaardighede (MS Word; MS PowerPoint; MS Excel; MS Access);
• Boerdery tegnologie en meganisasie wat insluit:
• Basiese bouvaardighede, Meganiese vaardighede, Sweis, Elektries, Onderhoud in Landbou en wetgewing (sillabus op aanvraag)
Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede, uitstekende interpersoonlike vaardighede, die vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal, sal tot jou voordeel strek. Jou toewyding aan die bereiking van doelwitte, jou vermoë om te analiseer en beplan, entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer, sal van jou ʼn aanwins in ons omgewing maak. Die suksesvolle kandidaat moet ook oor administratiewe vaardighede beskik.
Die suksesvolle kandidaat moet ten volle belyn wees met die waardes en werkswyse van die groter Solidariteit Beweging wat uit ʼn sterk morele, etiese en Christelike agtergrond voortspruit. Die suksesvolle kandidaat moet ook bereid wees om hom of haar volkome met die Afrikaner taal- en kultuurgemeenskap van Orania te vereenselwig. ʼn Sterk verbintenis met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid sal in die kandidaat se guns tel.
Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 11 Desember 2024 per e-pos na Chantall Hugo by betrekkings@solidariteit.co.za.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.